‘Ek sterf – gee my liefde aan almal’

Man en swaer doodgeskiet. Me. Sindy de Oliveira (37) vertel gister hoe haar broer en swaer koelbloedig in hul restaurant doodgeskiet is. Foto: Loanna Goffmann

Aug 22 2008 07:30:48:157PM – (SA)

André Damons

’n Man van Boksburg aan die Oos-Rand is gister op sy tiende huweliksherdenking en sy seun se 16-jarige verjaardag doodgeskiet toe vyf skurke sy restaurant beroof het.

Nadat hy in die bors geskiet is, het mnr. Wynand Bates (35) aan ’n werker wat sy hand vasgehou het, gesê: “Ek is besig om dood te gaan; ek kan dit voel. Sê vir almal ek is lief vir hulle.”

Bates en sy swaer, mnr. José de Oliveira (46), saam met wie hy meer as 20 jaar by die Blue Venus-taverne en -restaurant gewerk het, is albei in die voorval doodgeskiet.

Vyf rowers het omstreeks 06:15 op die restaurant in die Anderbolt-nywerheidsgebied in Boksburg toegeslaan.

De Oliveira is in die kop en bors geskiet en is op die toneel dood, het konst. Tshiesti Lamola, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens me. Sindy de Oliveira, Bates se suster, het een van die rowers eers probeer om haar man, Paul, te skiet, maar die pistool het nie afgegaan nie.

“Dié mense is baie gevaarlik. Hulle is daarop uit om te moor. Hoekom moes hulle hulle skiet? Hulle het so hard gewerk en was sulke vriendelike mense. Winkeleienaars is nie meer veilig nie. Die rowers dink jy maak miljoene rande, maar weet nie hoeveel pakkies aartappelskyfies jy moet verkoop om geld te maak nie. Hoe kan hulle net inkom en God speel?” het De Oliveira gesê. Die rowers het met sowat R10 000, juweliersware en selfone gevlug.

Volgens Lamola het die rowers, van wie een ’n AK47-aanvalsgeweer gedra het, die oorledenes geskiet sonder om enigiets te sê. “Hulle het Paul beveel om die kluis oop te maak. Toe sy broer (José) inkom, het een van hulle hom geskiet.

“Sy swaer (Wynand) het die skoot gehoor en kom kyk wat aangaan; toe hy deur dieselfde rower geskiet is,” het Lamola gesê.

Een van die werkers het op José gaan sit en hom geskud en gesê hy moenie doodgaan nie.

“Hoe moet ons nou vir hul kinders vertel hul pa’s kom nie huis toe nie? My broer en swaer was sulke goeie familiemense en kon nie wag om saans by die huis te kom nie.”

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2380979,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: