Tuinier sit 30 j. ná hy ma vermoor, baba langs lyk los

Die vermoorde mev. Lauren Olivier (28). (Foto: The Mercury)

25/10/2008 20:38 – (SA)

Durban

’n Tuinier wat ’n jong ma vermoor en haar twee maande oue babaseuntjie langs haar lyk gelos en gevlug het, is Dinsdag tot 30 jaar tronkstraf in die Durbanse hooggeregshof gevonnis.

Die lyk van mev. Lauren Olivier (28) is in September verlede jaar in ’n plas bloed in die kombuis van haar huis in Sunning-dale, Durban, aangetref.

Haar huilende baba, Jack, het ongeskonde langs haar lyk gelê.

Sy was ten tyde van die moord met kraamverlof by die huis.

Makhele Johnson Thabete (22), wat die moord gepleeg het, was sowat ’n jaar lank voortvlugtig voordat hy hom vroeër vandeesmaand aan die polisie oorgegee het. In die hof is gehoor Thabete het voor die moord sowat ’n maand lank elke Donderdag by die Oliviers gewerk. Hy het ’n dagloon van R60 ontvang.

Op die dag van die moord het die oorledene egter geweier om hom te betaal toe hy die middag huis toe wou gaan, glo omdat hy volgens haar nog nie ’n volle dag gewerk het nie, en boonop die oggend laat was vir werk.

Hy het daarna by haar gepleit om hom ’n halwe dag se loon te betaal. Sy het egter geweier en het hom glo ook rassistiese aanmerkings toegesnou.Volgens Thabete het hy daarna kwaad geword, haar verskeie kere met ’n swaar voorwerp oor die kop geslaan, en ook talle kere met ’n mes gesteek. Ná die moord het hy haar baba langs haar lyk neergesit en met R70, ’n MP3 speler en ’n selfoon op die vlug geslaan.

Regter Mohini Muragasen het Thabete tot 25 jaar tronkstraf weens moord gevonnis, asook ’n verdere vyf jaar weens diefstal.

Sy het voor vonnisoplegging gesê dit is jammer dat slegs sy weergawe van wat gebeur het deur die hof aanvaar moet word.

Die oorledene se man, Tony, en hul seun het intussen na Australië geëmigreer.

Mnr. Dirk Olivier (57), die oorledene se skoonpa, het die polisie vir hul deursettingsvermoë geloof. “Die hele familie is bly geregtigheid het geskied. Ook my seun is bewus van wat gebeur het en is tevrede met die vonnis.”

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2415869,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: