Man vermoor toe hy verloofde help

Mnr. Kevin Coetzee

Nov 05 2008 09:13:24:833PM – (SA)

Gloria Edwards

’N Jong pa van die Oos-Rand is gister teregstellingstyl doodgeskiet toe hy sy verloofde se verkragter teëgegaan het.

Mnr. Kevin Coetzee (30) het sy verloofde, me. Vicky Booyens (24), te hulp gesnel toe een van vier gewapende rowers hul huis in Selection Park, Springs, omstreeks 02:15 binnegegaan en haar later verkrag het.

Coetzee het met die verkragter gestoei toe ’n ander rower die kamer ingekom en hom koelbloedig van agter in die kop geskiet het.

Hul baba, Keanu (1), wat in sy bedjie in hul slaapkamer geslaap het, het wakker geskrik van die skoot wat sy pa gedood het.

In ’n ander kamer het ’n rower rustig met Nathan, die vier maande oue baba van Coetzee se suster, Cheree Dovale (18) en haar man, Johnathan (29), gespeel.

Johnathan het gister vertel hoe die rowers almal “met pistole teen ons koppe wakker gemaak het”.

“Hulle het ons hande en voete met skoenveters vasgemaak en ons gevloek. Hulle wou ons selfone, geld en rekenaars hê.”

Die Dovales is na Coetzee se kamer geneem. “Kevin en Vicky was reeds vasgebind.”

Een van die rowers het Coetzee se VW Polo se sleutels by hom gevat en die motor uit die motorhuis getrek. “Hulle wou seker ons goed daar inlaai en die motor ook vat.”

Mev. Dovale het gevrees dat die rower, wat intussen met haar baba in hul slaapkamer gespeel het, hom sou seermaak en het by die rowers gepleit dat hulle haar toelaat om by hom te wees, wat hulle toe gedoen het.

“Ek en Vicky het in ’n stadium begin huil, maar hulle het gesê ons beter ophou of hulle skiet ons dood. Hulle het kort-kort die mans geslaan.”

Booyens is toe na die spaarkamer geneem waar sy deur een van die verdagtes verkrag is. Coetzee het homself losgewikkel en sy verloofde van die afgelope vyf jaar te hulp gesnel.

Sy moes toekyk hoe hy met haar verkragter stoei en toe deur ’n ander rower geskiet word.

Kort hierna het die rowers te voet gevlug met die gesin se selfone, kontant en ander besittings. ’n Erg getraumatiseerde Booyens het gister aan Beeld gesê sy hoop die booswigte word vasgetrek. “Mense moet lig slaap en hulle deure en vensters toesluit.

“Dankie tog die kleintjies is nog te jonk om te verstaan,” het Dovale bygevoeg.

Insp. Madeleine von Wielligh, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek. “Ons verwag om binnekort arrestasies te maak.”

Booyens, wat Beeld toestemming gegee het om haar naam te gebruik, is gister na ’n distriksgeneesheer geneem waar sy anti-retrovirale behandeling gekry het.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2421769,00.html

One Response to “Man vermoor toe hy verloofde help”

  1. What about the AWB, are they of any help to the whites?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: