Veearts ontslaan ná skoot in sy rug

Dec 23 2008 08:46:46:723PM – (SA)

Fanie van Rooyen

‘Ek het vir myself gesê ek móét voor Kersfees uit die hospitaal wees en ek het dit reggekry.”

So het dr. Duncan Prinsloo, die veearts van Vaalbank, buite Bronkhorstspruit, wat verlede maand deur rowers in die rug geskiet is, gister gesê kort voordat hy uit die Muelmed-hospitaal in Pretoria ontslaan is.

Prinsloo, wat aanvanklik geen gevoel in sy onderlyf gehad het nie, het binne slegs vier weke merkwaardig herstel en kan selfs al met krukke loop.

Prinsloo vier boonop vandag sy 61ste verjaardag en een van die drie rowers wat hom en sy vrou, mev. Laetitia Prinsloo (54), in November in hul huis oorval het, is deur die polisie aangekeer.

Die Prinsloo-egpaar is op 20 November deur twee rowers in hul huis oorval en mev. Prinsloo is in die voorval in die egpaar se bed doodgeskiet.

Dir. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het vandeesweek ’n 16-jarige seun in verband met dié moord aangekeer.

“Polisie het gereageer op inligting wat hulle bekom het, en die 16-jarige kind om 01:00 Maandagoggend naby Bronkhorstspruit in hegtenis geneem,” het De Beer gesê.

Dié inhegtenisneming kom nadat lede van ’n polisietaakspan volgens Prinsloo verlede week foto’s van verdagtes aan hom kom wys het.

Prinsloo kon gevolglik een van die aanvallers aan die polisie uitwys.

Hy het egter gister gesê dat hy reeds die rowers vergewe en vrygespreek het.

“Ek is bly dat hy gevang is sodat hy nie aan iemand anders kan doen wat hy aan ons gedoen het nie, maar ek het hom lankal vergewe,” het Prinsloo gesê.

“Die oordeel kom my nie toe nie en die Woord sê dat jy ander moet kan vergewe – anders kan jy nie verwag dat God jou eie sondes moet vergewe nie.”

Prinsloo het gesê hy voel “goed en geestelik sterk” en dat hy net die Here kan loof en prys oor hoe vinnig hy herstel het.

“Die dokters het gesê dit sal minstens agt weke wees voordat ek ontslaan kan word, maar ek het elke oggend van 09:00 tot 11:00 hard in die gimnasium geoefen en hier staan ek nou.”

Prinsloo het gesê die moeilikste dag van sy rehabilitasie was op Sondag 14 Desember – die dag waarop hy en sy vrou hul 34ste huweliksherdenking sou vier. “Dit het my nogal erg gevang,” het hy gesê.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2445467,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: