Saak uitgestel van man met paar se selfoon

Akhona Inocent Gini in die landdroshof in Cullinan. Foto: Hilda Fourie

May 11 2009 08:42:52:360PM – (SA)

Hilda Fourie

Met ’n Superman-T-hemp aan het ’n man wat na bewering ’n egpaar op Goeie Vrydag op hul kleinhoewe oos van Pretoria vermoor het, gister vlugtig in die landdroshof in Cullinan verskyn.

Mnr. Akhona Inocent Gini (25) staan tereg op twee aanklagte van moord en ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Gini, wat vroeër in diens van mnr. Johan van den Bosch en sy vrou, Cobi, op hul kleinhoewe by Mooiplaats was, is Vrydag by sy huis in ’n plakkerskamp buite Witbank gearresteer.

Dít was sowat ’n maand nadat mnr. Van den Bosch (63) in sy melkstal oorval en vermoedelik oor die kop geslaan is. Mev. Van den Bosch (60) is kort daarna in die huis dood nadat sy in die bolyf gesteek is.

Een van die egpaar se twee selfone wat die dag gesteel is, het die polisie Vrydag na Gini se huis gelei. Dié selfoon is in sy besit gevind. Gini het sedertdien ’n bekentenis gedoen en uitwysings gedoen. Landdros Petro Engelbrecht het sy saak vir ’n week uitgestel vir verdere ondersoek en sodat hy om regshulp kan aansoek doen. Hy bly tot dan in aanhouding.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2514828,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: