Hoewe-eienaar en sy vrou veg verbete teen vyf inbrekers

Mnr. Koos Dreyer (57) van Tarlton buite Krugersdorp aan die Wes-Rand wys van die steek- en kapwonde wat hy die naweek tydens die aanval opgedoen het. Foto: Amanda Roestoff

Jun 02 2009 12:04:37:507AM – (SA)

Amanda Roestoff

’n Hoewe-eienaar (57) en sy vrou (59) het die naweek verbete om hul lewe geveg toe vyf rowers hulle op hul hoewe in Tarlton, buite Krugersdorp aan die Wes-Rand, aangeval het.

Mnr. Koos Dreyer (57) van die Eljeesee-hoewes in Tarlton is herhaaldelik met ’n kortlemmes gesteek en met ’n handgemaakte swaard aan sy bolyf gekap.

Die Dreyers het Saterdag omstreeks 01:30 geslaap toe minstens vyf mans die elektriese heining van die hoewe geknip en toegang deur die voorste skuifdeure van die huis gekry het.

“Ek het in die gang afgestorm op soek na hulle toe een van die mans my met my eie swaard toetakel. Nog ’n man het ’n hokkiestok beetgekry en my oor die linkerskouer gemoker.”

Mnr. Dreyer het gesteier en op die grond neergeval. Die houe het op hom neergereën.

Dreyer het verskeie steekwonde in sy bolyf, arms, rug en linkerhand opgedoen.

“Ek het geweet ek moet by my vuurwapen uitkom en toe hulle my nog ’n hou gee, het ek begin toneel speel en agteruit gestrompel en oor die bed geval om my pistool in die hande te kry,” het Dreyer gesê.

Hy het een keer geskiet, maar gemis.

Intussen het sy vrou met die rowers gestoei en hulle bestook met “enigiets wat voorkom”.

“Terwyl ek gelê en bloei het, het Ria op ’n manier my vuurwapen in die hande gekry en op die mans losgebrand.”

Die rowers het met net een swaard en ’n verkyker, asook een van die Dreyers se bakkies, gevlug. Die bakkie is sowat ’n kilometer verder in Stilhoustraat gevind.

Die teenkapingstelsel het dit outomaties laat uitsny.

Mev. Dreyer het die egpaar se dogter, mev. Marie Niemand (31), geskakel. Mnr. Johnny van Vuuren, Dreyer se swaer, het hom na die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal in Krugersdorp geneem waar hy langer as vier uur in die teater was om al die wonde aan sy bolyf en been te heg.

Hy is dieselfde oggend ontslaan.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2525340,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: