Sakeman se oorskot skaars 1 km van sy verlate bakkie gevind

Jun 26 2009 09:09:45:493PM – (SA)

Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – Die oorskot van die vermoorde sakeman van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo is skaars ’n kilometer gekry van die plek waar sy verlate bakkie ná sy verdwyning gevind is.

Mnr. Giovanni (Johnny) Abbatemarco (58) se oorskot is Woensdag op sy plaas, Thaba Monate, buite Bela-Bela gevind.

Polisiehonde van Limpopo en Pretoria het die plaas etlike kere saam met spoorsnyers gefynkam sedert Abbatemarco se verdwyning in Februarie.

Sy erg ontbinde oorskot is egter eers vandeesweek in ’n vlak graf gevind.

’n Polisielid wat deel is van die ondersoekspan en anoniem wil bly, het gesê die plantegroei op die plaas is ruig. Daar is dele wat ook moeilik bereikbaar is en dis klipperig. “Ons weet nie hoekom die honde nou eers die lyk gekry het nie,” het hy gesê.

Abbatemarco was die eienaar van onder meer die Thaba Monate-landgoed, die Abba-wilds?plaas en ’n drankwinkel in Bela-Bela.

Hy is moontlik die aand van Vrydag 27 Februarie oorval op sy plaas, terwyl hy in sy viertrek Toyota-bakkie gery het. Die bakkie is die volgende oggend verlate naby ’n dam op die plaas gevind. Abbatemarco se selfoon, ’n mes wat hy altyd onder die bakkiesitplek gehou het en R8 000 wat hy in die bakkie gehad het, is glo gesteel. Polisieduikers het tot in die dam na Abbatemarco gesoek.

Mnr. Josias Mokubedi (35), ’n voormalige werknemer van Abbatemarco, is sowat drie weke ná sy verdwyning in hegtenis geneem. Mnr. Lucas Machaba (39), ’n vriend van hom, is ook aangekeer. Albei het weens roof en ontvoering in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Hulle is borgtog geweier, is nog in aanhouding en sal Donderdag ook op ’n klag van moord in die hof verskyn.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2533696,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: