‘Sê jou laaste woorde’

Mev. Madeleine van den Berg en haar man, Piet, wat die naweek vermoor is.

Rook borrel uit die huis naby Cullinan waar mnr. Piet van den Berg vermoor is. Die bure het van die meubels uit die huis gered. Foto: Cornél van Heerden

Jul 12 2009 09:14:43:653PM – (SA)

Fanie van Rooyen

‘Wat is jou laaste woorde? Want ons gaan die huis afbrand.”

So het ’n rower eergisteroggend aan mev. Madeleine van den Berg (60) van ’n kleinhoewe naby Cullinan gesê nadat hy en sy makkers haar man, Piet (64), voor haar doodgeskiet het. Hulle wou haar in ’n kas toesluit.

“My ma het gesê: ‘Ek wil hemel toe gaan.’ Toe sluit hulle haar toe,” het die egpaar se dogter, me. Ilse Theologo, gister gesê.

Mev. Van den Berg kon haar loswoel, die kas oopbreek en by ’n buurman, mnr. Theo van Rensburg, gaan hulp soek.

“Hoekom? Vir wat! ’n Mens kan nie help om te vra nie,” het mnr. Claude Stander, die egpaar se skoonseun, met stof op sy bril en roet teen sy wang voor die smeulende huis gesê.

“Hoekom, nadat hulle hom doodgeskiet en alles gevat het wat hulle wou vat, het hulle die huis afgebrand? Dit is sinneloos.”

Theologo het gesê drie gewapende rowers het haar pa omstreeks 11:00 in sy werkwinkel agter die huis oorval.

“Hulle het ’n mes teen sy keel gedruk en hom by die huis ingedwing.”

Die rowers het die egpaar in hul slaapkamer op hul mae op die bed laat lê en die kluissleutels gevra.

“My ma het heupprobleme en kan nie eintlik op haar maag lê nie, maar toe sy dit vir hulle sê, het hulle haar met die mes op haar pols gesny.

“My pa het opgestaan om die sleutels te gaan haal. Toe hy in die gang kom, het een van hulle hom, sonder waarskuwing, van agter af deur sy skouerblad in die bors geskiet. Hy is net daar dood.”

Een van die rowers het aan mev. Van den Berg gesê: “Die ou man het nie saamgewerk nie.”

Hierna moes mev. Van den Berg volgens Theologo oor haar man se lyk trap om die sleutels vir die kluis te gaan haal.

Die rowers het selfone, vuurwapens en geld uit die kluis gevat en mev. Van den Berg se hande vasgebind voordat hulle haar in die kas toegesluit het.

Toe sy oplaas uit die kas kon kom, het sy met die bakkie na Van Rensburg se kleinhoewe gejaag.

“Sy het histeries hier ingehardloop,” het Van Rensburg gesê. Toe skreeu sy: “Help! Hulle het vir Piet geskiet en die huis brand af!”

“Daar gekom, het rook oral uit die huis geborrel,” het Van Rensburg gesê. “Madeleine wou die deur oopmaak om by Piet te kom, maar het weens die rook flou geword.

“Ek het haar na veiligheid gesleep en een van my werkers, wat destyds in die brandweer was, het onder die rook die huis in gekruip en Piet uitgesleep.”

Hulle en ander lede van die gemeenskap het van die meubels uit die huis gered.

“My ma is nog erg getraumatiseer,” het Theologo gesê. “My pa was die heel beste pa.”

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is dankbaar teenoor die gemeenskap wat gehelp het en die brandweermanne van die Cullinan-myn wat die brand kom blus het. Die moordenaars is nog nie aangekeer nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2538185,00.html

One Response to “‘Sê jou laaste woorde’”

  1. Anonymous Says:

    Hi

    Sondag oggend half 8 is n boer en sy vrou tussen Vredeford en Koppies(Vrystaat) deur 3 rowers oorval in hulle huis. Oom Piet is soos ek verstaan van vriende van die slagoffers agter in die linker sy geskiet en die koeel is weer by sy maag uit. Hy het ook n skiet wond aan sy been opgedoen. Daar word gese dat niks gesteel is nie hulle was daarop uit net om die oom te vermoor en die tannie te verkrag.

    Gelukkig leef die oom hy is tans in kroonstad hospitaal dit gaan baie beter met hom en die tannie is gelukkig ook ok. Sy is darem nie verkrag nie want sy kon los kom van hulle af en het kamer toe gehardloop en toe sy haar rewolwer kok het n skoot afgegaan en die gemors het weggehardloop.

    Hulle is al 3 gevang waar hulle n kilometer van die huis in mielielande weggekruip het. Hulle is glad nie deur die polisie gevang nie, daar is n landbou groep wat n misdaad einheid gestig het, en hulle is vasgetrek deur hulle. Wat my natuurlik bitter kwaad maak is die feit dat die polisie nie eers n poging aangewend het om die sklems te gaan soek nie en toe die boere-misdaad eenheid hulle vang was die polisie gou daar en toe hulle uitgevra word hoekom hulle by die plaas is en wie het hulle gestuur en die polisie van Koppies (swartes in hulle taal) vir die sklems gese hulle moet stil bly en niks se nie.

    Wat help die polisie ons, hulle is vir die misdadigers. Ek moet een in my huis kry ek skiet hom vrek net daar, want die polisie doen nie meer hulle werk nie. Toe die vrou (slagoffer) se suster by haar huis aankom vra die swart polisie man van Koppies haar, hy het nie haar naam genoem nie, en die vrou se ook sy het hom nog nooit gesien nie WAT SOEK jULLE MENSE VAN PARYS HIER!!!!

    Hoe weet daai spesifieke swart polisie man sy is van Parys? Nee ons is glad nie meer veilig nie en al wat n polisie is, werk saam die misdadiger om van ons boere volk ontslae te raak. En hulle weet baie meer van ons af as wat ons regtig bewus is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: