Smit-moord: Twee verdagtes het glo al voorheen gedreig

Aug 05 2009 09:03:26:170PM – (SA)

Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – Twee van die mans wat mnr. Gericke Smit glo hier vermoor het, het vantevore al gedreig om een van die gesinslede se vinger met ’n kantsnyer af te sny en hulle te beroof, het die landdroshof gister gehoor.

Mnr. Gerhardus van Zyl, ’n afgetrede polisiekaptein, het in die vermeende moordenaars se borgtogaansoek getuig ene Jerry, ’n medewerker van mnre. Terence Maredi en Jan Lamola, het dit aan hom vertel.

Maredi (25), Lamola (27) en mnr. Marius Mokgokong (23) beken skuld.

Mnr. Rampie Smit, die vermoorde se pa, het Van Zyl se hulp met die moord-ondersoek ingeroep.

Van Zyl het getuig Smit sr. het hom omstreeks 14:00 op 18 Julie gebel en gesê: “My kind is vermoor, hy lê in die agterste kamertjie en daar is bloed.”

Vroeër in Julie is die woorde “Smit se f**k”op ’n venster in die Rampie Smit-gebou waar die moord plaasgevind het, geskryf, het Van Zyl getuig.

Uit ’n onafhanklike nadoodse ondersoekverslag blyk Smit jr. (28) is 17 keer met ’n graaf oor sy kop geslaan en in sy gesig gekap.

Maredi het eergister getuig hy het Smit jr. twee keer met ’n graaf geslaan terwyl hy op die vloer gelê het.

Die nadoodse verslag van dr. Patricia Klepp, ’n forensiese patoloog van Johannesburg, bevestig 17 ernstige wonde.

Landdros Janine Ungerer sal môre uitspraak in die borgtogaansoek lewer.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2545460,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: