Blydskap oor Kanadese vlugtelingstatus is voortydig

Deur Anton Barnard (SAmizdat blog).

Die Kanadese owerhede het besluit om vlugtelingstatus aan ‘n blanke Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, te verleen. Mnr Huntley het heeltemal akkuraat aangevoer dat die Azaniese piesangrepubliek se ANC regime versuim in sy plig om mnr Huntley teen misdaad te beskerm.

In ‘n sonderlinge uitspraak het die voorsitter van die Kanadese tribunaal, William Davis, bevind dat Huntley geviktimiseer word omdat hy blank is, en omdat swart geweldenaars blankes doelbewus teiken. Dit is ‘n feitelike bevinding geskoei op misdaadstatistieke wat in enige normale, Westerse land sou dui op ‘n volksmoord of burgeroorlog.

Heel voorspelbaar het ‘n segsman vir die ANC-regime, Ronnie Mamoepa, dié uitspraak as “belaglik” (sic) afgemaak. Kennelik vind die nar Mamoepa die sowat 300,000 moorde sedert die ontstaan van die Azaniese piesangrepubliek in 1994 ook lagwekkend en ‘n blote komedie terwyl hy veilig in sy blouligkonvooi sit terwyl die konvooi se bobbejane agter die stuur ander padgebruikers van die pad dwing.

Alhoewel William Davis se uitspraak 100% akkuraat is, en ‘n grondige weerspieëling van die realiteite op die grond in Suid-Afrika verteenwoordig, sou ek dink dis voortydig vir blankes om bly te raak oor hierdie beslissing en vir ons om en masse vir asiel aansoek te doen. Die geskiedenis het geleer dat blankes allermins op die Weste kan staatmaak vir morele en fisieke steun.

Dit was juis ons mede-Westerlinge, onder andere die Nederlanders en veral die Britte en Skandinawiërs wat die ANC se terreurveldtog befonds het. Die lot van enkele miljoene Westerlinge in ‘n verafgeleë kontinent traak Kanadese, Amerikaners en Europeërs bitter min. Ek sou persoonlik nie verbaas wees as Davis se uitspraak onder druk van die Azaniese regime omgekeer word nie.

Dat daar druk op die Kanadese owerhede sal kom om nie in die toekoms sulke uitsprake te maak nie, is ook gewis. Daardie druk sal ongetwyfeld kom vanuit die anderskleurige gemeenskappe in Kanada en die VSA uit vrees dat dit hulle kanse sou benadeel om die res van hulle uitgebreide families na Noord-Amerika te bring om ook daar te kom plak, maar veral uit die linkse blanke geledere binne Kanada. Davis se uitspraak is naamlik heiligskennis wat lynreg indruis van die dogma van nie-rassigheid.

Dit bots met die linkse se lewensmodel wat geskoei is op ‘n grootskeepse en moedswillige blindheid vir die gewelddadige aard van Afrika en Afrikane. Dit sou olie op die vuur wees vir anti-immigrasie-aktiviste in die VSA en Kanada, diegene wat luidkeels vra waarom immigrante soveel misdaad in Noord-Amerika pleeg, ‘n vraag waarop die linkses geen antwoord het nie, buiten om telkens hul towerwoordjie “rassisme” as verweer te probeer gebruik. Die Suid-Afrikaanse organisasie Lawyers For Human Rights, by monde van segsman Jaco van Garderen, het inderdaad alreeds en heel voorspelbaar aan’t skree gegaan en die uitspraak as rassisties bestempel. (Verbeel hierdie soort breindood linkses hulself waaragtig dat om die woord rassisme tot vervelens toe te herhaal, hoegenaamd enige indruk maak?) Dit is daarom ondenkbaar dat die linkses in Kanada dit sonder meer sou aanvaar.

Ek sou dus bietjie wag voor ek my paspoort afstof en voor die hek van die Kanadese hoëkommisaris gaan kampeer in die hoop dat ek ook vlugtelingstatus sal kan bekom.

Oorsprong: SAmizdat Blog
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=231

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: