6 September

Deur Afrikaner Volksparty

Sondag, 06 September 2009

Dr HF Verwoerd

Vandag, 6 September 2009, dink ons met weemoed terug aan 43 jaar gelede toe een van die grootste leiers van Suid-Afrika, dr Hendrik Frensch Verwoerd, op 6 September 1966 gesterf het aan die hand van die kommunis Dimitri Tsafendas, ‘n geestesversteurde sluipmoordenaar, gehuur deur die internasionale vyande van die Afrikanervolk.

Hierdie verfoeilike daad staan vandag as rotsvaste bewys van die vrees wat ons volksvyande vir die Afrikanervolk koester, in so ‘n mate dat die grootste Afrikaner ooit uit die weggeruim moes word sodat hulle kon voortgaan met hulle vernietigingswerk.

Maar die Afrikanervolk wil vandag nie net hulde bring aan een van die grootste Staatsmanne van Suid-Afrika nie. Ons wil vandag ook aan ons vyande sê dat julle plan nooit sal slaag nie, julle kan ons nie vernietig nie, want ware nasionalisme in ‘n volk is ‘n groter mag as die wankelende fondament van die liberalisme, kommunisme en die geldmag van die wêreld.

Bring vandag saam met ons hulde aan dr HF Verwoerd en lees weer die artikel wat reeds tevore spesifiek vir hierdie gedenkdag geskryf is deur dr SH Gregan by hierdie skakel:

http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1294:dr-hf-verwoerd-die-grootste-afrikaner-ooit&catid=16:artikels&Itemid=12

Oorsprong: Afrikaner Volksparty werf
http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1396:6-september&catid=16:artikels&Itemid=12

One Response to “6 September”

  1. Kry bietjie die feite reg — dit doen vreeslik afbreuk aan jul geloofwaardigheid. Dimitri Tsafendas was nie 'n kommunis nie (tensy jy 'n bron kan aandui waarvan ek nie weet nie), en hy was ook nie 'n sluipmoordenaar nie (Tsafendas was nie 'n beroepsmoordenaar nie). En hoewel daar gissings was dat hy vir vyande van die staat gewerk het, het die apartheidshowe tog sélf bepaal dat hy eintlik maar net mal was.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: