Al vier bande van sy motor glo flenters geskiet

Mnr. Miles Orbell verduidelik hoe sy motor deur Ekurhuleni se metropolisie vol gate geskiet is nadat hy glo nagelaat het om by ’n stopstraat stil te hou. (Foto: Bongiwe Gumede)

2010-03-27 16:32

Johan Eybers

Hy het gedink dit is ’n motorkaping toe daar op hom geskiet word, want daar was geen sirene nie, net flikkerende ligte van ’n voertuig agter hom.

Die skote het blykbaar begin klap toe mnr. Miles Orbell, ’n 53-jarige oud-vlieënier, Maandagoggend oor ’n stopstraat in die afgeleë Bapsfontein-gebied aan die Oos-Rand in Gauteng gery het.

Toe al vier sy motorbande flenters geskiet is en ’n patroon in sy sitplek beland, het Orbell so groot geskrik dat hy oor ’n stuk veld gejaag het om veilig by die Barn Stormers-klub uit te kom waar sy seun Kallum (23) die oggend aan die nasionale kampioenskap vir radiobeheerde vliegtuie deelgeneem het.

Dit was eers toe hy in die parkeerterrein van die klub stilhou en voor sy seun en klublede geboei is, dat Orbell besef het hy is deur Ekurhuleni se metropolisie agtervolg wat op hom geskiet het toe hy nie vir hulle wou stop nie.

“Ek is rondgestamp, daarvan beskuldig dat ek as ’n wit persoon dink dat ek kan doen net wat ek wil en vir ’n misdadiger uitgekryt.”

Eers 12 uur later is hy uit die Olifantsfontein-polisiekantoor se selle vrygelaat nadat mnr. Howard Dembovsky van die Justice Project South Africa (JPSA), ’n organisasie wat hom vir motoriste se regte beywer, tussenbeide getree het.

“Ek was in ’n gebied wat bekend is as ’n kapingsbrandpunt en ek het gedink ek word deur kapers agtervolg. Ek is ’n wetsgehoorsame burger en ’n versigtige motorbestuurder met geen misdaadgeskiedenis nie.

“Die hele affêre het my geweldig geskok. Ek kan nou nie slaap nie en ek het geen meer vertroue in wetstoepassers nie,” sê Orbell.

– Rapport

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/9232db50a8cb4db1998d723facae01c7/27-03-2010-04-32/Al_vier_bande_van_sy_motor_glo_flenters_geskiet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: