Ander siening oor die Sharpeville-gebeure

deur Buurman van Cato Manor

2010-03-27 11:57

Wat 50 jaar gelede by Sharpeville gebeur het, was ’n groot jammerte. Maar die laaste paar dae is ons gepeper met berigte van hoe die “apartheidspolisie” so wreed was om soveel mense dood te skiet wat “vreedsaam” betoog het.

Vyftig jaar gelede het ek in Westville gewoon, reg langs Cato Manor, waar nege polisiemanne (wit en swart) ’n week voor die Sharpe­ville-tragedie met pangas in klein stukkies opgekap is.

In daardie tyd wou die meerderheid swart mense niks met die ANC/SAKP te doene hê nie en hulle wou in vrede woon. Maar hulle het in vrees gelewe omdat die opstokers sulke weerlose mense vermoor het as hulle nie wou saamwerk nie.

Destyds het die polisie almal gehelp, ook swart mense, al was hulle hóé gevaarlik. Maar dié keer het die polisie hulle in ’n lokval bevind met tragiese gevolge.
Die optog na die polisiestasie in Sharpeville was lank voor die tyd gereël. Op pad is almal gedwing om saam te loop, anders sou hulle daarvoor moes boet.

Ons moenie vergeet nie dat die opstokers van daardie tyd meer as 300 van hul eie mense lewend met die barbaarse halssnoer-metode doodgebrand het.

Hoe sou enigiemand gevoel het in die skoene van daardie polisiemanne met net ’n draadheining tussen hulle en die aankomende massas wat al hoe nader gebeur het, met ’n opruiende dreunsang van “Cato Manor, Cato Manor”?

Met die wete van hul makkers se lot die vorige week in Cato Manor kan ’n mens verstaan dat die jong polisiemanne in Sharpeville daardie dag paniekbevange geraak het. Vandag, in ons gemakstoele, is dit maklik vir ons om hulle te veroordeel.

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/MyRapport/Briewe/2346/d9f0d328c7d44bf7ad953bd7f43ba114/27-03-2010-11-57/Ander_siening_oor_die_Sharpeville-gebeure

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: