Gee tog asseblief aan Malema al ons myne – hulle is tog nou net leë, verroeste doppe

2010-03-31 22:27

As nageslag van die Afrikaners wat ná die Anglo-Boereoorlog hul grond verloor het en in die myne ’n heenkome moes gaan soek en selfs tot vandag toe nog in daardie slawe-omgewing woon en werk, wil ek tog net wens dat iemand al die land se myne verniet aan ou Julius Malema wil gee.

U sien, ons wat geslagte se arbeidsaamheid agter die rug het, weet die myne is leë en gehawende doppe vol geroeste infrastruktuur en uitmekaarvallende woongebiede.

Terwyl ou miesies Helen Suzman Boeremoord en -brand in die parlement geskree het, het sy die aandag afgetrek van wat haar mede-Jode besig was om te doen: Om die land leeg te pluk en die Boere het die skuld vir alles gekry.

Is dit toevallig dat apartheid tot ’n einde gekom het toe Anglo-American se hoofkantoor Londen toe verskuif is?

Baie onlangs het nog ’n Anglo-vrou die platinummyne ook leeggepluk in ’n skynbare onoordeelkundige fout, maar sy het die hoofsaaklik buitelandse Jode se geld dubbel en dwars aan hulle teruggegee, want hulle het waarskynlik snuf in die neus gekry van die nasionaliseringplanne.

Ek glo die laaste jare het hulle geleer dat die nodige werketiek by die swart bemagtiging-voordeeltrekkers ontbreek en dit veroorsaak dat die myne nie meer baie winsgewend bedryf kan word nie.

Van Kumba en sy omgewing het ek nie veel kennis nie, maar die verwikkelings rondom hulle lisensies ensovoorts laat my sterk vermoed iemand gaan binnekort ook – vir die aandeelhouers – ’n verskoonbare blaps maak.

Malema sal moet spring om die laaste krummels geld te kan skep.

En miskien moet iemand hom die direksie van Aurora se adres gee.

Miskien sal hulle hom kan slim maak en tot ander insigte bring?

Gee hom tog asseblief die myne.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/506d911d6cf84c038f954090f78efa57/31-03-2010-10-27/Gee_tog_asseblief_aan_Malema_al_ons_myne_%E2%80%93_hulle_is_tog_nou_net_le%C3%AB,_verroeste_doppe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: