Polisieklopjagte op Afrikaners op pad!

Woensdag, 07 April 2010 09:03 Praag

PRAAG het so pas van ‘n bron binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens verneem dat klopjagte op Afrikanerleiers en sogenaamde “regses” uitgevoer gaan word. Huise gaan deursoek word vir onwettige wapens, plofstof en opruiende materiaal. Blykbaar gaan daar selfs voorwerpe geplant word by mense wat as hinderlik vir die regering beskou word.

Volgens ons bron is die polisie bewus van die ontevredenheid en pogings van Afrikanergroepe om te begin mobiliseer ná die moord op Eugene Terre’Blanche en gemoedere wat hoog loop oor geweldsmisdaad, Malema se uitsprake en dreigemente van plaasbesettings deur sowel Malema as die minister van grondsake, Gugile Nkwinti.

Die doel van die polisieklopjagte gaan tweeledig wees:

* om aan die buiteland te demonstreer dat die ANC steeds “in beheer” van die land verkeer en in staat is om enige verset in die kiem te smoor;
* om Afrikaners te intimideer om enige voorbereidings tot verset, opstand of selfverdediging te laat vaar.

Intussen is duisende Afrikaners besig om op te ruk na Ventersdorp om Eugene Terre’Blanche se begrafnis Vrydag om 12.00 by te woon.

Volgens interne e-posberigte gaan die Vryheidsfront Plus ‘n amptelike afvaardiging onder leiding van dr. Pieter Mulder na die begrafnis stuur en die provinsiale bestuur van Gauteng sal ook in volle sterkte teenwoordig wees.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=7723:polisieklopjagte-op-afrikaners-op-pad&catid=36:afrikaanse-nuus&Itemid=401

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: