NSA-vlag verbrand voor Stockholm-ambassade



Sondag, 18 April 2010 10:41 Praag

Die Nuwe Suid-Afrika-vlag is gister voor die SA ambassade in die Sweedse hoofstad verbrand tydens ‘n betoging teen die volksmoord op Afrikanerboere in Suid-Afrika.

‘n Regse, pro-blanke groep bekend as die Sweedse Weerstandsbeweging het die betoging georganiseer. Ongeveer ‘n honderd mense het op die Sint Eriksplein in Stockholm om 12.00 nm. byeengekom. Afgesien van lede van die SWB, het verskeie ander “vrye groepe”, waaronder afvaardigings van info-14 en nationell.nu aan die betoging deelgeneem.

Die betogers het in die straat afgestap met vlae, baniere, skilde en plakkate. Sowel die organisasie se vlae as twee Vierkleure is geswaai. Op die groot banier met die Engelse woorde, “Stop Boer genocide” is ‘n foto van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, vertoon.

Pamflette oor die situasie in Suid-Afrika met inligting oor die geweld wat daar teen blankes gepleeg word, is ook versprei.

Ná ongeveer ‘n halfuur het die optog na die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm beweeg. Halfpad na die ambassade is die optoggangers deur ‘n skare linkses gekonfronteer wat, soos die Sweedse Weerstandsbeweging dit gestel het, “hul steun vir volksmoord teen blankes en hulle haat vir die nasionale strewe wou uitspreek”. Daar het ook fisieke konfrontasie tussen die twee groepe plaasgevind met die Sweedse polisie wat tussenbeide getree het, maar geen beserings is aangemeld nie. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging is die optog “soms onderbreek toe optoggangers moeg geraak het vir die gedrag van die (linkse) gepeupel en paar welverdiende klappe uitgedeel het aan diegene wat dit verdien het”

Ná die onderonsies het die optog by die Suid-Afrikaanse ambassade tot stilstand gekom waar die NSA-vlag verbrand is. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging was dit “‘n kragtige simboliese daad wat uitgestuur is, tesame met die slagspreuk “ANC – mördare!” (“ANC – moordenaars!”) wat geskree is.

‘n Leier van die Sweedse Weerstandsbeweging, Kristian Nordvall, het ‘n emosionele toespraak gelewer oor die belangrikheid van die betoging, die werklikheid in Suid-Afrika en dat Swede moet aanhou om die volksmoord in Suid-Afrika, wat deur die politici en die media geïgnoreer word, aan die groot klok te hang.

Die betoging het agterna vir ‘n ruk voor die ambassade aangehou met baniere, vlae, skilde en plakkate. Pamflette is ook verder versprei. ‘n Woedende Magnus Söderman, die nasionale bestuurder van die Sweedse Weerstandsbeweging, het die geleentheid gebruik om nog ‘n Suid-Afrikaanse vlag in repe te skeur. Volgens die beweging is dit “‘n aanduiding van wat ons van hul teenwoordigheid in Swede dink!”

Voordat die betoging ten einde geloop het, het die polisie gesê dat een van die optoggangers in verband met aanranding tydens ‘n vorige betoging gesoek word. Hulle wou hom ter plaatse in hegtenis neem.

Die betogers het egter geweier om die man uit te lewer, waarna hulle hul range gesluit het. Diegene wat nie aan die organisasie behoort nie, is gevra om die perseel te verlaat om hulle nie bloot te stel nie, maar almal het soos een man bly staan. Hierna het die betogers in wat genoem word “‘n sorgvrye gees”, taktiek met mekaar bespreek

Onderhandelings met die polisie het misluk en daar is verwag dat die betogers gestorm sou word om die aangeklaagde te arresteer. Weereens het die betogers hul range gesluit.

Ná ‘n ruk het onderhandelinge met die polisie hervat en is daar ooreengekom dat die bestuur van die organisasie die man net moet identifiseer sodat hulle hom te woord kon staan. Vyf minute later is alles opgelos.

Hierna het die betogers na die Rådhusets-moltreinstasie geloop waar hulle uiteengegaan het.
Die organisasie het verklaar: “Die Sweedse Weerstandsbeweging wil almal bedank wat aan die betoging deelgeneem het en op tasbare wyse hul teenkanting uitgespreek het teen die volksmoord wat besig is om in Suid-Afrika plaas te vind.”

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=7821:nsa-vlag-verbrand-voor-stockholm-ambassade&catid=38:internasionale-nuus&Itemid=399

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: