Sweedse Nasionaliste brand ANC-Vlag in Stockholm


Deur Afrikaner Volksparty
Saturday, 17 April 2010 23:57

Die Sweedse Nasionalistiese Versetbeweging het vandag in Stockholm betoog teen die volksmoord op die Blankes in Suid-Afrika. Soos dit Blankes betaam het dit vreedsaam en ordelik verloop. Ongeveer honderd aktiviste het om twaalfuur vanmiddag onder polisiebegeleiding na die ANC-ambassade op Sankt Eriksplein gestap met talle van hulle eie vlae, die Transvaalse Vierkleur, baniere met die woorde “Stop the Boer Genocide!” en fotos van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

Tydens die optog is daar pamflette aan omstanders uitgedeel met inligting oor die haglike toestande in Suid-Afrika.

Die betogers het hulle nie laat ontmoedig deur die versperrings wat die polisie voor die ambassade aangebring het nie en die boodskap van die ANC se haat teen die Blanke en nasionalisme is hard en duidelik tuisgebring. Kristian Nordvall, leier van die organisasie, het in ‘n kort toespraak voor die ambassade gesê die werklike toestand in Suid-Afrika word toegesmeer deur die media en die politici maak of dit bestaan nie. Hy het aan die gehoor opgedra om voort te gaan om te fokus op die uitwissing van die Blankes in Suid-Afrika.

Die hoogtepunt van die opmars was toe die ANC-vlag onder luide uitroepe van “ANC-murderers!” aan die brand gesteek is.

Intussen het die polisie een van die aktiviste herken wat tydens ‘n vorige betoging gebrandmerk is. Hulle wou hom verwyder maar die groep betogers het bankvas gekeer en dit voorkom deur ferm met die polisie te onderhandel totdat ‘n oplossing binne 5 minute bereik is en hulle kon voortgaan om die aandag te vestig op die Blanke volksmoord in Suid-Afrika.

Oorsprong:Afrikaner Volksparty
http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=3005:afrikanervolksmoord&catid=90:ndr&Itemid=100

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: