Tsedu se haka is belaglik

deur P. Swartz, Summerstrand, Port Elizabeth

2010-04-17 13:13

Mnr. Mathatha Tsedu se skrywe “Amabhunu-liedjie was ons eie haka” (Rapport, 11 April) is kommerwekkend en afkeurenswaardig, veral omdat ’n mens hom, as hoof van Media24 se joernalistieke akademie, sien as ’n invloedryke verteenwoordiger van swart leierskap.

Ons wittes het van kleuterdae af met uitstekende verhoudinge saam met swart mense grootgeword. Om soos Tsedu moorddadige vryheidsliedere met ’n haka te vergelyk, is belaglik. Hy weet goed dat dit sommige ekstremistiese swart mense – om van ’n opsweepbare jeug nie te praat nie – tot misdaad sál help aanspoor.

Hy praat verder van die brutaliteit van die apartheidsregering teenoor swart mense.

As apartheid die hel was wat veral die ANC dit uitmaak, waarom was dit vir die ANC nodig om hul eie mense met soveel brutaliteit en wreedheid (soos om mense lewendig te verbrand) te intimideer om hulle te steun? Kan Tsedu in een berig gemik op swart lesers wys waar joernaliste en redakteurs die “sensitiwiteit” gehad het om die moord op ’n wit plaasboer wat goeie rasseverhoudings gekoester het, te veroordeel en die moordenaars verdoem?

Sy skrywe bevestig wat Afrikaners sover geweier het om te glo: Die ANC skuil agter misdaad om Afrikaners te verneder, te demoraliseer en uit te wis.

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Tsedu-se-haka-is-belaglik-20100416

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: