Onveilige plase ‘is boere se skuld’

2010-04-20 21:49
Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Dis boere se skuld dat plase onveilig is, het ANC-parlementslede gister gesê.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee oor landelike veiligheid, het tydens ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê die neerhalende uitsprake wat regeringsamptenare en senior politici teenoor wit boere maak, is een van die grootste uitdagings.

Mnr. Patrick Chauke, ANC-LP, het dit afgelag.

“Politieke uitsprake is die minste van jul probleme. Georganiseerde landbou weet baie goed húlle is die oorsaak van die probleme. Die polisie probeer hul bes, maar die oplossing lê by julle,” het hy aan Botha gesê.

Chauke het voorts aangevoer plaaswerkers word mishandel en dat boere onwettige immigrante “gevange hou”.

“Die meeste van die veediefstal word deur boere self gepleeg. En hulle verkoop alkohol aan die plaasbewoners.”

Volgens me. Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, is talle boere goedhartig. “Maar dis ook ’n feit dat daar baie gewelddadige boere is en julle (Agri SA) moet hulle in die openbaar veroordeel.”

Daar is ook aantygings gemaak dat boere traag is om polisiereserviste te word en nie by gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring betrokke wil raak nie.

Botha, self ’n polisiereservis, het agterna aan Beeld gesê hy is bitter ongelukkig oor hoe die vergadering verloop het. Hy het ontken boere wil die polisie nie help om plase te beveilig nie.

“Ons probeer ons bes om betrokke te raak (by sektorpolisiëring), maar die stelsels en onbevoegde mense (binne die polisie) verhinder ons.”

Botha het gesê die regering versuim sy plig om boere te beskerm en wil al die verantwoordelikheid op die georganiseerde landbou afskuif.

“Ek is ’n gewone landsburger met bepaalde regte. Die politici moet erken waar die verantwoordelikheid lê. Dit is hul plig om te regeer. Om die bal terug na ons toe te gooi, néé, ek is nie hiermee gemaklik nie.”

Volgens Agri SA se statistieke was daar die afgelope 18 jaar tot 11 785 plaasaanvalle en is 1 804 boere vermoor. Tot 121 000 stuks vee van sowat R365 miljoen is net in die 2008-’09-boekjaar gesteel.

Botha het gewaarsku kommersiële landbou kan die verliese nie onbepaald deurstaan nie en dat voedselsekerheid bedreig word.

Agri SA steun die regering se plan vir landelike veiligheid en verkies dit bo die ou kommandostelsel.

Tog het Botha gesê die plan val uitmekaar weens ’n reuse-gebrek aan leierskap, beheer en kontrole binne die polisie.

Hulpbronne word misbruik, daar is korrupsie en die meeste stasiebevelvoerders weet nie hoe om sektorpolisiëring in landelike gebiede toe te pas nie.

Mnr. Mluleki George, Cope-LP, het die ANC se standpunt gesteun en gesê Agri SA, wat sowat 80% van die land se kommersiële boere verteenwoordig, moet mede-verantwoordelikheid vir boere en plaaswerkers se veiligheid aanvaar.

Die jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde sal in Mei bekend gemaak word wanneer die polisie sy plan vir landelike beveiliging aan die parlement voorlê.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Onveilige-plase-is-boere-se-skuld-20100420

2 Responses to “Onveilige plase ‘is boere se skuld’”

  1. die plaasmoorde statestieke is erger as wat aangegee word polisie sit plaasaanvalle in as huisinbrake, my skoonpa is desember 2008 in kop geskied op sy plaas en gelos vir die dood, die saak is opgesit as huisinbraak?? tot vandag toe is die saak onopgelos en loop die verdagtes vry

  2. Waarom laat ons toe dat dit alles met ons gebeur, het ons te lamsakkig geraak? of het ons nog te veel om te verloor? Dis tyd dat die boere op plase ophou aan hul skatte dink en mede wit Suid Afrikaanse mense kans gee en saam met hulle laat woon en boer en mekaar help om deur die krisis te kom van Plaas moorde, Dis met heimwee en hartseer dat ek dit se !! Ons Suid Afrikaanse boere kom nie eens oor die weg met hul kinders nie en dis hoekom boere alleen op hul plase boer, hul kinders is nie werkom nie en wil nie saam met hulle bly nie want, hulle stem nie saam oor alles nie en dit veroorsaak konflik, geld in die stede is meer en beter werks moontlik hede, Ma en skoondogter en Pa en seun kom nie oor die weg nie!!! Dis tyd dat boere bymekaar staan en saam boer, vat hande en vergeet ons ego's wat te groot geword het en die heel belangrikste is OM WEER SAAM TOT GOD TERUG TE KEER, HUISGODSDIENS TE HOU EN IN LIEFDE EN HAARMONIE SAAM TE LEWE !!!! Ons BID vir die boere en mede Suid Afrikaners word wakker. Maak elke Plaas wat nog deur wit boere besit word 'n Familie plaas of wit werkers wat deel is van 'n boerdery en nie slawe is nie, sodat hulle ook trots kan wees op iets wat hulle vermag het. KOM ONS WIT BOERE KYK NA MEKAAR WANT NIEMAND ANDERS GAAN NIE !!!Sarel Botha

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: