Oppasser laat glo baba-aanrander in

2010-04-25 21:43
Julian Rademeyer

Die eenjarige babameisie wat erg aangerand is, se oppasser het een rower glo ingelaat en TV saam met hom gekyk voordat sy en die baba aangeval en beroof is.

The Times het Maandagoggend berig me. Francina Sekhu het beken dat sy die een rower in die huis ingelaat en TV gekyk het. Hulle het glo vriende gemaak toe die man vroeërr in die jaar deel was van ‘n bouspan wat huisverberterings by die huis gedoen het.

Intussen het mnr. Bertus Kruger (42) gesê hy is “bly” dat twee verdagtes in hegtenis is.

Hy het bygevoeg dokters is “versigtig optimisties” oor sy eenjarige dogter se toestand.

Volgens me. Liezel Furlong, woordvoerder van die Sandton Medi-Clinic, is haar toestand “ernstig, maar stabiel”.

Twee mans sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en roof ná die aanval op die babameisie en haar oppasser verlede Donderdag.

Die verdagtes, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, het glo vroeër vanjaar as deel van ’n span bouers werk gedoen aan die huis in Robindale, Randburg, waar die aanval plaasgevind het.

Lt.kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is eergisteraand in Alexandra vasgetrek.

Goedere wat tydens die aanval geroof is, is in hul besit gevind.

Opperman wou nie sê of dit die skootrekenaar insluit wat tydens die rooftog gebuit is nie.

Opperman het gesê speurders van die Hillbrow-triotaakspan het “dag en nag met min slaap gewerk” om die verdagtes op te spoor.

Die rowers het verlede Donderdag toegeslaan en Sekhu vasgebind en aangerand en toe ook die baba begin slaan.

Sekhu is in ’n stabiele toestand in die Helen Joseph-hospitaal.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Oppasser-laat-glo-babaaanrander-in-20100425

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: