Vrou baklei nog ná skoot in kop

2010-04-29 12:02

Mev. Suna Steenberg fight nog die fight.

So het mnr. Jurie Steenberg gesê oor sy vrou wat bykans twee weke gelede deur misdadigers op hul kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, in die kop geskiet is.

Mev. Steenberg (43) is sedert die aanval in ’n koma. Volgens haar man is haar toestand bedenklik, maar stabiel.

Sy haal op haar eie asem en haar hartklop en bloeddruk is stabiel.

Sy word in die hoësorg-eenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria behandel.

Sedert daardie Vrydag wat ’n onbekende hoeveelheid aanvallers sy vrou en sy ma, mev.
Poppie Steenberg (75), oorval en sy vrou in die kop, hand en been geskiet het, waak hy en sy skoon­ouers, mnr. en mev. Flip (69) en Magriet (66) Buitendach om die uur by haar bed.

“Ons word oorval deur oproepe van mense landwyd wat wil weet hoe dit met Suna gaan,” het Steenberg gesê.

“Ons waardeer dit baie, maar smeek mense net om nie op te hou bid nie.”– Hilda Fourie

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-baklei-nog-n%C3%A1-skoot-in-kop-20100429

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: