Die polisie laat my onveilig voel

deur Onveilig van Pretoria
2010-05-06 23:09

My 19-jarige suster is op Vrydagaand, 30 April 2010, op pad terug van ’n partytjie in Rustenburg deur “polisiemanne” van die pad afgetrek.

Hulle het die SAPD-bussie waarmee hulle gery het se ligte afgeskakel, my suster uit haar motor gepluk en haar handsak en selfoon probeer afvat.

Hulle wou hê sy moet in hul bussie klim. Hulle het haar rondgestamp en deurgesoek.

Toe sy ’n kans kry om my pa te bel wat op ’n plaas daar naby bly en nie die eerste keer antwoord kry nie, het hulle haar uitgelag.

Sy het weer probeer en my pa was dadelik op pad.

Die sogenaamde polisiemanne het die pad gevat toe hulle hoor iemand is daarheen op pad!

My pa het dadelik na ’n polisiekantoor gegaan waar hulle ook vir hom gelag het toe hy daarop aandring om te weet watter van hul voertuie uit was en wie aan diens was.

Hulle het gedreig om hom in hegtenis te neem as hy nie loop nie en een het selfs sy rewolwer uitgehaal toe my pa aandring op inligting en hulp.

Watter soort korrupte polisiediens het ons as die polisie sulke goed aanvang en boonop weier om te help?

Ek voel glad nie veilig in hierdie land nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Die-polisie-laat-my-onveilig-voel-20100506

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: