Roodt genomineer as VVK-kandidaat




Dinsdag, 15 Junie 2010
Wilco Labuschagne

Vir dié wat nog nie weet nie, dr Dan Roodt is genomineer as kandidaat vir aanstaande jaar se volksverkiesing.

Soos almal reeds weet, word daar in Mei 2011 so ‘n volksverkiesing gehou. Die verkiesing word geadministreer deur die VVK (Volksraadverkiesingskommissie by www.vvk.co.za). Binnelands en buitelands is daar ‘n groot aantal registrasiebeamptes besig om kiesers te registreer.

Daar is ook begin met die nominasie van kandidate vir die sewe volksraadslede. Volgens die VVK-inligtingsdokumente kan ‘n kandidaat slegs deur ‘n geregistreerde kieser genomineer word. Elke nominasie moet een honderd sekondante hê en elke sekondant moet ‘n geregistreerde kieser wees. ‘n Sekondant mag slegs een kandidaat sekondeer en mag daarna nie weer ‘n ander kandidaat sekondeer nie. Belangstellendes kan ‘n kandidaat sekondeer deur die vorm persoonlik in te vul, of elektronies sekondeer deur die invul van ‘n spesiale vorm.

As mens jou denke fokus op wat in die VOLK se beste belang is, is daar sekerlik nie ‘n meer geskikte kandidaat as dr Roodt nie. Dit is krities noodsaaklik dat bekwame persone as volksraadslede verkies word. Hierdie verkiesing is dalk ons enigste kans om onsself weer op die voete te kry – mens sidder by die gedagte dat ook hierdie poging mag misluk.

Verskillende persone het verskillende menings oor presies wat “bekwaamheid” behels. Kyk mens na die mandaat van die volksraad wat verkies gaan word, moet die eis om selfbeskikking eerstens aan die Suid-Afrikaanse regering gerig word. Indien dit misluk, moet dit aan die internasionale gemeenskap gerig word. Sou dit ook misluk, moet die situasie aan die volk voorgelê word. Dit beteken hierdie volksraad sal met hooggeplaastes in plaaslike en oorsese regerings asook leiers van groot sakeondernemings in gesprek moet tree. Hulle sal ons saak moet kan stel en vrae moet kan beantwoord. Hulle sal goed ingelig moet wees oor regsargumente, ekonomiese kwessies en geopolitieke gebeure. Hierdie persone sal ook oor die nodige interpersoonlike vaardighede moet beskik. Internasionale kontakte met goedgesinde meningsvormers en vryheidsinstitute kan ook help.

Ek het al verskeie voorstelle gehoor van persone wat as bekwaam beskou word. Die meeste van hierdie persone is nog nie as kandidate genomineer nie. Dit laat my wonder waarom nie. Hulle kan tog nie hulleself nomineer nie. My gevolgtrekking is dat hulle nog nie genader is nie. Hoe moeilik kan dit wees om so ‘n persoon te bel, te faks, te kontak op Facebook? Miskien ken mense nie so ‘n bekwame individu persoonlik nie en huiwer om hom of haar te kontak. Maar iemand moet tog die ys breek. Ek verstaan daar is ‘n afsluitingsdatum vir nominasies en die verkryging van sekondante.

Daar is werk om te doen. Ek en jy moet die werk doen; ons kan nie wag tot iemand anders dit doen nie. Kandidate moet genomineer word, sekondante moet gevind word, kiesers moet geregistreer word. Ek weet van geen ander plan of poging, behalwe hierdie volksverkiesing, wat vir ons selfbeskikking gaan bring nie.

Ek is oortuig dr Roodt sal tot die volksraad verkies word. Hy is een van die min persone wat oor ‘n duidelike visie vir ‘n volkstaat beskik. Ook verstaan hy hoe so ‘n volkstaat in die praktyk moet funksioneer. Ek is oortuig dat Praag-lesers gaan toustaan om hom te sekondeer.

Veels geluk, dr Roodt!

Ns. Enigeen wat belangstel om as een van die honderd sekondante op te tree, word genooi om my te kontak by wlabuschagne[aapstert]take5.co.za

Oorsprong:Praag

One Response to “Roodt genomineer as VVK-kandidaat”

  1. Gerhard Viljoen Says:

    Daar was n stadium toe ek ook geglo het dat Dr Dan n baie goeie volksraadlid sal maak.

    Dit was verseker n bitter teleurstelling om Dr Dan se onlangse aktiviteite en sy geskiedenis te ontdek.

    Dr Dan was in sy vroer jare as student n kommunis, en was betrokke met die kommunis beweging se aktiviteite in Johannesburg. Dit is n algemene opinie dat Dan steeds betrokke is met die SAKP, maar dalk sal Dan self moet verduidelik wat die storie is.

    Daar is ongelooflik baie vrae wat vir Dan graag sou wou persoonlik vra om self te sien wat hy se en hoe hy reageer.

    Die grootste probleem wat die Boere het op die oomblik met Dan, is hierdie Avigdor Eskin coalisie. Dit is nie net n ontevredenheid nie, dit is emosies van wraak wat die Boere het teenoor hierdie bond.

    Avigdor Eskin is n vieslike mens, en het onlangs in Rusland, waar hy bly, tronk toe gegaan vir terroris verwante oortredings.
    Hy is n bekende wapen-smokkelaar, veral in lande waar daar n minderheid populasie n wapentuig benodig.

    Ek is glad nie teen gunste van konflik veroorsaak onder n volk wat nou meer as ooit tevore eenheid moet bou. Maar dit is eenheid onder die Boere, eerste, en dan kan ons almal saam as n volk die volgende stap neem.

    Daar is enkele bewegings wat n nationale konflik wil veroorsaak wat n burger oorlog sal verseker.
    Dit is juis hierdie klein radikale volksgenote wat in die slag trap, waar hulle glo dat die volk moet bewapen word al is dit n geval van onwettige wapens invoer of onwettige wapen vervaardiging. En maak dan die four om agter Avigdor te staan om bewapening redes.

    Daar is n hele paar opinies wat as motiveering vir sulke dade gebruik word tans.
    N populere slagspreek, is dat Israel die volk se enigste vriend gedurende apartheid was.
    Enige iemand wat bekend is met wat hierdie verhouding oor beskik het, sal dadelik kan verduidelik.

    Dit is jammer dat daar n afskuwelike stel aantuigings op enige persoon se karakter gesit word sodra die persoon oor Zionisme en die implikasies van hierdie sisteem op lande wat in die greep van die zionisme web beland.
    Hier is wat Israel se oor wat hulle plan met zionisme is:
    http://www.mfa.gov.il/MFA/History/Modern%20History/Centenary%20of%20Zionism/Zionist%20Philosophies

    Die feite is, die Boere Volk het nie wapens van Rusland af nodig nie.
    Tweedens, moet nie jouself n donkie met klappe maak wat in net een gedagte vaskyk nie. Daar is ongelooflike steun vir die volk reg oor die wereld met baie beter, betroubare, sterker kringe van ondersteuning.
    Derdens, ek is vas oortuig dat die algelope paar jaar se sinnelose debat oor Boer of Afrikaner is n taktiek van manipulasie.
    Om my punt in perspektief te sit:
    Die jode in suid afrika is deel van die joodse volk. Hulle het hulle eie geskiedenis, taal, kultuur, etc
    En so ook die Boere Volk, en ons eie identiteit.
    En daarom, kan die jode in suid afrika glad nie deel van ons Volk wees nie. En ongelukkig sluit hierdie Afrikaner konsep alle jode wat hier gebore is in. Hulle is nie ons mense nie.
    Moenie my verkeerd verstaan nie, hy is welkom met ons te praat en dalk nog saam werk ook. Maar ons gan nie weereens die slagoffer van ander mense se toedoen wees nie.

    En n laaste gedagte, gaan lees gerus Dan se artikels oor die volkstaat en die volksraad n paar weke voordat hy genomineer is. Ek hoop regtig nie hy dink nogsteeds ons moet die Tswanas n paar pitte gee om terug te gaan botswana toe nie, of die Antartika as tuisland redenasie nie.

    Ek stem heeltemal saam dat die volksraad een van n paar stappe is wat ons moet neem vir ons Volks se oorlewing, n baie goeie idee. Maar ek hoop nie hulle beplan om vir ons n volkstaat te probeer kry by die VN nie, want dit sal nooit gebeur nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: